Latest Entries »

What is important?

Many people regard themselves as being busy with those things in life that really matters the most. As we go along our different paths we will very seldom acknowledge that we may be travelling on the incorrect route. We firmly believe that we are heading to the correct destiny that will leave us fulfilled and achieving the purpose for what we have been placed on earth for.

It is good to have such a belief and to hold onto it with all your energy. What is good for us, we believe, is also good for the rest of the world, and what we enjoy doing they must also enjoy.

It is actually sad that we continuously try to reduce the “world” to something limited in understanding that would fit into our personal small “worlds”. We desperately want to be in control and be able to have answers for everything and everyone else, just so that they can fit into our definition of reality. In actual fact the opposite exists.

The more we think we have it in control, the more concerned we should be because then we are further and further removed from the truth. Let us take an example, say you want to enjoy a perfect day with your loved-ones at the beach. What is “perfect” and what is your loved-ones’ definition of a perfect day at the beach? Then another question beckons, is a “perfect” day at the beach also what they desire? You may get very annoyed because your “day” does not go as expected, it may leave you very upset.

I have experienced a “perfect” day at the beach with my family. They said that they have also enjoyed it, and I believe them. Firstly, because I want to and secondly, we don’t lie to one another.

While having had this experience I thought of how easily people and get annoyed and start arguing about things, sometimes very trivial things too. My thoughts have gone to a friend of mine, who at his very moment is fighting for his life. He is in a battle to overcome cancer. Regrettably, it looks like he is slowly losing the battle. What will be those things that he would argue about at this stage? What are the important things?

We get so involved and overcome with ourselves in our own little worlds that we hardly see the bigger picture of a life worth living that is going on around us. It is time to re-focus on those things that are important and which makes others around us living lives of note.

In the final analysis, it is not about us, it is about the people who we met and whose lives we can positively influence. Have the correct focus and give all your energy to those things that are worthwhile pursuing. You have only this moment, use it wisely.

Hoe sal ons weet

Hoe sal ons weet

 Elke dag kom en gaan

Teen die tempo van die wisselende maan.

So het die wissellings vele male gekom

Daarmee saam ook seisoen en blom.

Skielik eendag het jy nuus gekry

Jou rond gaan en doen is nie meer vry.

Jou lewe word nou beheer

Deur gemaakte afsprake wat jy nie kan keer.

Die sprankelende lag

Het plek gemaak vir ‘n blik wat wag.

Maar hoe sal ons weet

Van al die gedagtes wat aan jou vreet.

Eers die groot skok

‘Ek wonder wie het nou vir my gejok’.

Hier is die feite dit is daar

‘Hoe sal my emosie kan bedaar’.

Ons staan buite jou skoene

en besef daar is nou nuwe seisoene.

Maar hoe sal ons weet

wat is al die dinge wat jy eerder sal wil vergeet. 

Ons staan so magteloos

al wil ons hoe graag vertroos

Tog besef ons gou

Daar is ‘n ander Hand waaraan jy hou.

Moedig stry jy die pad

Wat jou na genesing toe vat

Hier op ‘n stoel, daar op ‘n bed

Staan of kniel ons saam in gebed

Groot almagtige Heer

Staan ons tog by nog hierdie keer.

Moedig glimlag jy terug

En maak jou gereed vir die volgende vlug…

Deur Matsood©2012

Toe ek jonger was het ek nie besef watter groot impak kanker op mense se lewens het nie.  Later moes ek nader staan toe naby familie die kanker-pad stap en ons bykans magteloos daar staan en net onbeholpe probeer ondersteun vanuit ʼn “ek verstaan nie eintlik alles nie” perspektief.

Deesdae raak die lys van familie én vriende al hoe langer en die gemis van hulle wie nie meer met ons is nie al hoe meer duidelik.  Op hul eie unieke manier het hulle ʼn groot impak op my menswees gemaak.  Belangrik, hulle het almal geveg om te wen.

Daar is gelukkig ook vandag mense wie die kanker-pad loop en baie dapper veg en ook wen. Vir beide groepe sê ek: “Welgedaan! Ek salueer julle elkeen individueel.”

Net ʼn paar se name, jammer as joune uitgelaat is: Frank, Johan (ʼn paar Johan’s), Gerrit, Frans, Hendrik, Jan, Stoney, Billy, Hans, Barbara, Jeanine (Ninie), Annelie, James, Jacques, Ina, John.  Die lys gaan nog aan, voeg gerus jou mense se name by.

In solidariteit met hulle, en dit wat ek nie regtig na waarde verstaan nie, neem ek aan Cansa se Shavaton deel.  My manier van kop hoog hou en salueer.

Muntstuk van lewe

Lewe en die dood is slegs met één asemteug geskei. Dit is juis met hierdie asemteug waarmee ons (dalk skreeuend) in die lewe kom, en ook met ʼn asemteug waarmee ons daaruit vertrek. Tussen hierdie twee asemteue gebeur die lewe, ons lewe, alles wat ons hier op aarde ervaar.

Ons aaneenlopende voortbestaan is onderhewe aan die reëlmatige asemhalingsproses, asem in… asem uit… Op ʼn dag, wanneer weet ons nie, dit is vooraf bepaal, gaan ons een keer meer asem uitblaas as wat ons asem intrek.

Hoeveel keer het ons nie al gehoor, of die woorde dalk self gebruik, wanneer dit moeilik gaan nie: “Dit maak nie regtig saak hoeveel keer ons val nie. Díé belangrikste is hoeveel keer jy opstaan. Solank jy nét een keer meer opstaan as wat jy geval het, dan kan jy aangaan. Weet jy een van die min waarborge in die lewe is dat ek en jy, ja ons almal, gaan eendag vir die laaste keer val, een keer meer val as wat ons opstaan. Hoe nou gemaak? Jy dink nou seker: “wat dé flip wil hierdie ou nou sê?” Wag, wag, voordat jy ophou lees, antwoord net asb. hierdie vraag: “As jy nou regtig kon geweet het dat nou jou laaste dag sou wees, hoe sal jy die res van die dag deurbring?”

Is ek en jy dalk net eenvoudig só bang om aan die teenpool van lewe te dink dat ons in ʼn sekere sin elke dag leef asof daar altyd ʼn môre sal wees. In die proses is ons nie dalk dan besig om lewe uit te stel nie? Kul ons nie dalk onsself nie?

Kan ek net die volgende gedagte met jou deel? Veronderstel jy sien iets wat vir jou baie mooi is, hoe weet jy dis mooi? Wat is jou maatstaf, en hoe is jou maatstaf gevorm? Ons kan net iets waardeer as mooi as ons ook al lelik gesien het. Jy sien ons is voortdurend besig om te vergelyk, te evalueer, te beoordeel; ek hou hiervan, ek hou daarvan, hierdie hou ek nie van nie, ens. So, mooi en lelik staan as twee teenoorgesteldes, maar broodnodige posisies teenoor mekaar om bestaanservaring aan mekaar te verleen. Nou wil ek dit verder verleng tot by lewe en dood. Is die twee dan nie saam in dieselfde senario saamgevleg nie? Kan lewe bestaan sonder dood, en kan dood bestaan sonder lewe?

Die van ons wie van sport hou en dit gereeld beoefen of daarna kyk, bv. Rugby, Krieket, Sokker, weet daar word vir kante geloot. ʼn Muntstuk word opgegooi en “Heads of Tails” word geroep. Wanneer jou keuse bo lê kan jy kies van watter kant af jou span gaan speel, bv. saam met die wind, of teen die wind. Kies jy saam met die wind is daar dalk ʼn tikkie hoop dat teen die tyd wanneer die tweede helfte aanbreek het die wind dalk so bietjie bedaar en sodoende kry jou span dan ʼn dubble voordeel.

Die lewe “Heads of Tails” ons ook van tyd tot tyd, dan moet ons die beste van die gegewe saak maak. Dit help nie om dan van die speelveld af te loop soos ʼn bedorwe brokkie kind wie nie sy sin gekry het nie. O nee, die spel gaan begin en jy moet opdaag vir die lewe.

Die analogie wat ek wil maak is dat die lewe ook ʼn muntstuk in ons beursie is en elke dag kyk ons na daardie muntstuk, ons skiet dit in die lug in en dit val met die “Lewe” kant na bo. Ons is só blazei oor die lewe, ons verwag dit elke dag, dat ons ewe ongeërg die muntstuk optel en in ons sakke / beursies terugsit tot môre sonder, om na die onderkant te kyk. Die onderkant is “dood”.

Is daar dus nie ʼn noue verband tussen lewe en dood nie? Selfs in ons woorde spreek ons so maklik lewe of dood oor ʼn ander persoon uit sonder om daaroor te dink. In Spreuke word ons aandag daarop gevestig dat ons versigtig moet wees wat ons sê.

• Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Waarom is ons dan so onbeholpe om die dood te hanteer? Waarom weet ons dan nie hoe om op te tree wanneer ons by iemand is wie met ʼn terminale siekte worstel nie? Waarom vermy ons die persoon eerder? Is dit nie dalk omdat ons so bang is vir ons eie dood nie? Omdat ons self nie weet hoe om dit te hanteer nie?

Met al die vooraf gesprek is ek ook maar nét so onseker oor die dood, maar ek wil voluit leef. Is dit nie dalk tyd dat ek my lewe ten volle leef in alle aspekte nie, selfs al beteken dit dat ek ook my dood moet omarm nie.

Mooi kan net tenvolle waardeer word in die teenwoordigheid van lelik; Lewe kan meer tenvolle ervaar word in die teenwoordigheid van dood.

Wat sou ek en jy dalk nie anders gedoen het as ons die impak van hierdie gegrip verstaan en daarvolgens lewe nie.

Frank het sy volle gewig in die administrasie van ʼn sportsoort ingegooi. Met elke byeenkoms was hy daar en het hy die atlete aangemoedig en gesê / -skreeu: “You’re doing great! Hou so aan. Jy’s amper daar!” Dit het nie saak gemaak of jy die voorste atleet of van die laaste was nie. Frank het verstaan, hy het verstaan dat jy baie moes opoffer om te kon deelneem, en vir hom was jy alreeds ʼn wenner, of jou nou eerste gekom het of nie.

Nadat die kampioenskappe afgehandel was het Frank besluit om ook die volgende jaar aktief aan die sport deel te neem en het baie pligsgetrou en gereeld begin oefen. Tydens die daaropvolgende byeenkomste kon ons opmerk dat hy resultate begin kry. Sy fisiese voorkoms het meer atleties begin word, tjoepie begin kleiner raak en later weg. “You’re looking great, Frank, keep it up,” het ons gesê.

Voordat hy kon begin deelneem ontvang hy die nuus… hy is siek, sommer baie siek, ja kanker. Die detail is nie nou tersake nie, wat wel is, is dat hy “time-out” geneem het. Sy eerste prioriteit was om die lewe te omarm. Hy het dié dinge gaan doen wat hy altyd nog wou, Tafelberg gaan uitklim, in George by Fancourt gaan golf speel, ʼn uitgebreide vakansie met sy geliefdes geneem, en nog meer. Belangrik, vóórdat die siekte hom tenvolle oorgeneem het en sy lewens kwaliteit ingeperk het. Hy het gelééf in die teenwoordigheid van die dood. Sy lewe het ander betekenis gekry in die wete dat die dood elke dag met hom is.

Kan ons uit Frank se ervaring leer? Hy is nie meer met ons nie, nie in fisiese persoon nie, maar hy is nog steeds met ons. In die voorbeeld wat hy vir ons gestel het, nee meer nog, die voorbeeld wat hy geleef het.

Kan ons Frank een voor wees, ons kry dalk nie die boodskap wat ons lewe handomkeer verander nie. Ons is dalk nie so gelukkig nie. Ek wil jou nie bang maak vir die dood nie. Ek wil jou en myself aanspoor tot die lewe.

Die muntstuk van die lewe is in elkeen van ons se sak, geniet hom hoe hy ook al val.

Matsood.

Changing from a stumbling block to a stepping stone requires you to be attentive about what you do. Live the example.

Hello world!

Hi Everyone,

From time to time one experience situations which you you do not know how to handle.  It could be that you don’t feel comfortable to discuss it with you friends or family.  You may need a listening earn and a non-judgemental heart.  Well I have decided to start such a place. A place where one can go to, simmilar concept of a fortress tower where you can take shelter in safety for a while.

If you would like to send a special note, not commenting on a blog, you may use the following e-mail address to submit it to: matzood@gmail .com

Alhoewel ek tydens die registrasie moes sê in watter taal die blog bedryf sal word, bv. Duits, Frans, Spaans, ens. (ek het Engels gekies) sal daar ook blogs in Afrikaans wees.

Neem gerus deel.  soos julle kan sien is dit nog in die begin, … woes en leeg.  Na elke nag sal die son weer skyn en sal daar hopelik vordering wees.